Wednesday 14 September 2011

KAIROS ONTWIKKELINGS PROJEKTE STIGTING

Geraak deur die verwoestende pad van armmoede in die gemeenskap rondom ons, was die oordonderende rede vir die stigting van die Kairos Stigting. Die hoofrede wat waargeneem is vir die geweldige armmoede, misdaad en swak gesondheids toestande, is dat daar geweldige groot hoeveelheid werklose mense is. Die stigting is deur 'n groep Christene byeen geroep en is as nie-winsgewende organisasie so wel as Art 18a goedgekeurde openbare welsyns organisasie geregistreer.



OORSIG


Die grootste oorsaak van armoede in ons gemeenskap is werkloosheid. Dit is die hoof rede dat kinders nie skool bywoon nie en dan in die strate ronddwaal vir kwaadgeld. Dit is ook die ideale situasie om by misdad en dwelms betrokke te raak. Dit is geweldig om te sien watter groot hoeveelheid kinders wel in ons gemeenskap deur armmoede geraak word. Daar is ook 'n geweldige groot hoeveelheid wees kinders en almal van ons weet dat daar 'n geweldige tekort is vir infrastruktuur vir wees kinders. Daar is ook die geweldige impak van vigs wat kinders dakloos en wees laat. Kinders, liewe vriende is tog die toekoms van ons land. Kom help ons sodat ons kan verseker dat kinders die nodige geleerthied kry sowel 'n dak oor die kop en voedsame etes. Werkloosheid is ook die grootste oorsaak dat mense dakloos en haweloos raak en dan ook nie meer voedsame kos inkry nie. U sal met my saam stem dat werkloosheid nie die ideale voorbeeld vir 'n werk om te oorleef situasie aan kinders stel nie. Daarom is dit baie belangrik dat ons werkskeppings projekte daar stel om mense te leer, help en te bemagtig.




ONS LEUSE




By Kairos streef ons daarna om armoede tee te werk deur werkskeppings projekte daar te stel en basiese vaardigheids kennis beskikbaar te stel. Sodoende kan ons vrou, kinders en ou mense help en mense help om hul menswaardigheid en self respek terug te kry. Projekte soos gelettertheid, kleuterskool fasiliteit, basiese gesondheid sorg, voedsame voedings programme, groente tuine, na- skoolfasiliteit, gesins voorligting en geestelike berading en welsyn ondersteuning is ook deel van ons visie.

No comments: