Tuesday 13 September 2011

NIE DIE ANTWOORD NIE

Dit gaan my verstand absoluut te bowe, dat mense oral oor dink dat 'n mens armoede kan verlig deur voedsel pakkies en ander items links en regs uit te deel. Moontlik is hierdie 'n aksie van mense om hulle gewete te sus en hulle dan te dink hulle het goed gedoen, wat dink u. ?
Om net kos uit te del en klere of ander gebruiks artikels waar nodig is, gaan nie die werklike probleem op los nie. Ek het oor die afgelope 14 jaar deur my betrokkenheid by armmoede verligting gesien hoe dit net die probleem vererger het, want mense leer die bakhand staan lewenswyse aan.
Die enigste oplossing vir die probleem is om mense te help en te leer om hul self te kan help deur wekskepping en vaardigheids projekte. Volgehoue projekte in werkskepping en die aanleer van basies vaardighede het al in verskillende opsigte en plekke sukses bewys. Omdat mense werkloos en dakloos is, het dit ook al bewys dat waar mense van tydelike blyplek voorsien is en op die selfde perseel kan werk en van voedsame etes voorsien word, dit baie goeie vrugte afgewerp het. Sulke persone word 'n vaardigheid aangeleer en sodra so iemand werk kan kry of vir hulself 'n inkomste te genireer, verlaat hulle die sentrum. "n fasiliteit vir basiese gesondheid sorg en berading asook gesins beplanning help mense om self respek terug te kry.

HIERDIE ! is die groot rede waarom ons 'n gebou en perseel soek waar ons verblyf en ons projekte kan begin.

No comments: