Monday 12 September 2011

NUWE PROJEK

Ons wil graag 'n werkskeppings projek begin. Ons benodig fondse om 'n perseel te huur om die projek te kan begin, Die projek is om ou meubels en ander huishoudelike items soos stowe, yskaste, mikrogolfoonde, tafels, fietse, wasmasjiene, lampe, klere, skoene en enige ander artikels wat mense nie meer gebruik nie te herstel en aan mense wat dit nodig het te gee en dit wat oorbly te verkoop om sodoende 'n inkomste te skep vir werklose mense wat in die projek werk om die artikels te herstel. Sodoende kan die projek in die toekoms self onderhoudend raak. Ons het ook enige tipe gereedskap nodig.




As daar enige iemand is wat ons kan help met skenkings van artikels wat by u huis rondlê en nie meer gebruik word nie of stukkend is, skenk dit asb aan ons. Moontlik kan u ons help met 'n perseel waar ons kan begin. Kontak Anton asb so gou moontlik. U kan help om die verskil te maak.

No comments: